Nov 22

Pragtige Base Dag

‘n Groot dankie aan Leyntjie Louw by Zuid Afrikaanse Hospitaal in Pretoria vir ‘n pragtige Base Dag op 18 Oktober 2021.

Dit was vir Sign Therapy ‘n groot eer om tyd saam met soveel bekwame gesondheids personeel lede te kon spandeer. Wanneer leiers dag vir dag hulle lewens toewei om mense gesond te maak te midde van ‘n pandemie, moet mens stil staan en eer betoon.

‘n Groot dankie ook aan Sharon Lee van The Cradle of Hope wat gepraat het oor die sienlike en onsienlike sleutels. Onsigbare sleutels word in die DNA gevind wat deur leiers gebruik word om in tye van krisis, oomblikke oop te sluit en oop te vlek met die doel om te bemagtig en om personeel, dienste verskaffers en pasiente op te hef.

ZAH stel karakter eienskappe soos self-dissipline, nederigheid, normes en waardes, aanspreeklikheid en eerlikheid hoog op prys.

Volgens julle terugvoer het julle die tyd ook met ons geniet en dit is ons eer om julle waardes hoog te hou. Sign Therapy se doel met werkwinkels is om praktiese vervaardigings tegnieke oor te dra gedurende ‘n kort sessie met die oog om spanwerk, hand oog ko-ordinasie/orientering en belangrike lewens- en geestes lesse oor te dra in die tydperk van rus en vrede en vreugdevolle gedagtes.

 

Hier onder is ‘n paar belangrike facebook aanmerkings oor ZAH.

Stephanie Viviers Oosthuizen

Good nursing care and dedicated nurses! Prys die Heer. GOD BLESS Mrs Prinsloo

Ieteke Theron

I wish I could come. Best hospital PTA

Debra Dougall

What a fantastic record of this virus and the people dedicated to saving lives. It completely blew me away and should be compulsory viewing for non believers and anti vaxers….I hope it gets nominated for some special award….

Kobie Nienaber

Awesome  she was in the best hospital in the world

Ook net dan ‘n baie mooi GROOT dankie aan Adele Burger vir haar omgee, hulp en bystand. Jy is deur en deur pragtig.

Dankie aan Intro-Revival se besonderse boek skenking ‘Precision Farming for the Soul’ geskryf deur Dr Sjoerd Alkema en wat deur Sr Alida Viljoen gewen was. Mag jou vreugde vermeerder wanneer jy die boek lees en implimenteer in jou lewe.