Jul 17

Terapeutiese Werkswinkel

Die huis vir gestremdes Lat’Wiel in Pretoria rus snoesig in die voorstedelike woongebied Parktown Estate. Kitsteken 2000 se gemeenskaps uitreiking geloots deur Sign Therapy en het besoek afgelê by Lat Wiel vir die heel eerste keer.  Eenvoudige prosesse wat gebruik word om reklame tekens te vervaardig word ingespan om fenominale verbruikers produkte te vervaardig. Byvoorbeeld, hand oog koordinasie word bevorder wanneer plakkers van een medium na ‘n ander verskuif word. Beskermings plastiek moet verwyder word om ‘n skoon oppervlakte ten toon te stel en hand spiere word automaties geoefen. Een medium word aangewend om ‘n ander medium te plak.

Die inwoners het hard gewerk en ons moes somtyds hand bysit maar teen die einde van die klas was almal tevrede en het twee pragtige coasters gemaak.

Elmari het aan die einde spontaan gesê dat sy verstaan nou hoekom ons werkswinkels Sign Therapy genoem word. Die klas was werklik terapeuties vir haar. Met uitsettings vermoë maak krom handjies mooi. Julle is pragtig en dit was ‘n voorreg om julle te kon bedien. Dankie Nicolette dat jy jou deure vir ons oopgemaak het.

‘n Spesiale dankie aan die kunstenaar Pierre Nel dat jy ingestem het dat ons jou katjie skildery kon gebruik as een van die prentjies op ons coasters.