Sep 19

Twee weke en 1 500 drupmatjies

Sign Therapy het vir die inwoners van Cradle of Hope ‘n paar goed geleer wat hulle tot hul voordeel kan gebruik.

Nadat Sign Therapy vir Cradle of Hope-inwoners die geleentheid gegee het om kunsklasse by te woon, het die meisies dit ‘n bietjie verder geneem.

Melodie van Brakel het Regent Insurance gebel, en aanbeveel dat die maatskappy drupmatjies (coasters) vir hul korporatiewe geskenke gebruik. “The Cradle of Hope” en Sign Therapy het reeds aan die Vodacom Change the World-kompetisie deelgeneem maar het helaas nie ‘n plek verwerf nie. Dit het ons egter nie afgeskrik nie en toe Melodie my bel om die drupmatjies as korporatiewe geskenke vir Regent se Lentedag aan te beveel, was ek baie opgewonde,” het Ash Singh van Regent Insurance vertel.

Binne twee weke het Cradle of Hope-inwoners 1 500 drupmatjies geplak en gepak.

The Cradle of Hope wil hierdie geleentheid gebruik om Ash Singh van Regent Insurance te bedank vir die geleentheid wat hulle vir hulle gebied het om te bewys wat hulle kan vermag.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Tienke Bosher by 011 953 4075 of Melodie van Brakel by 011 660 4623.

http://krugersdorpnews.co.za/306542/twee-weke-en-1-500-drupmatjies/