Jan 14

Bejaardes maak hulle eie coasters

 

Sign Therapy het geboorte gegee aan die ‘Do-it Yourself Coaster’ projek. Klein stukkies waardelose glas en viniel (afval produk van die reklame industrie) word omskep in ‘n bruikbare produk.Die ‘arts en crafts’ werkswinkel verskaf hope genot aan die deelnemers.

Die projek maak ook seker dat ons bejaardes ‘n pragtige persoonlike eind produk het wat elke dag in die huis gebruik kan word of as geskenk aan die kinders gegee kan word. Coasters beskerm ons waardevolle oppervlaktes in die huis en in die kantoor.

 

Ons maak ‘n beroep op ander oue tehuise om ons te skakel as hulle gebruik wil maak van ons werkswinkels. Te danke aan donateurs soos Industrial Pressings, PNA Keywest, Maizey Plastics, Nail Care, Breet Glas en The Web Bug word hierdie klasse kosteloos aangebied. Indien daar enige ander ouetehuise is wat gebruik wil maak van hierdie klasse kan julle ons gerus skakel op 072 282 7831 of stuur vir ons ‘n e-pos na info@signtherapy.co.za en ons sal julle kontak.

 

‘n Baie groot dankie aan Dehlia en Minnie wat dit moontlik gemaak het vir hierdie deur om na ons oues van dae oop te laat gaan. ‘n Baie groot dankie aan Golden Age Village en Memorial Woonstel inwoners wat ons laat voel het dat ons werklik iets waardevols gedoen het.

 

Tienke Bosher en Helen Aucamp